SportSport

Volkies slaan reuse 557/3 teen KHS

Hoër Volkskool Potchefstroom se eerstes krieketspan het vir Hoërskool Klerksdorp (KHS) die afgelope Saterdag (25 Augustus) ‘n krieketles geleer met ‘n massiewe 392-lopie oorwinning. Volkies het 557/3 gemoker voordat hulle KHS vir ‘n skamele 165 uitgeboul het. Drie van Volkskool se kolwers, Van Zyl Smit (128 van 94 balle), Christiaan Bester (146 van 96 balle) …

Hoër Volkskool Potchefstroom se eerstes krieketspan het vir Hoërskool Klerksdorp (KHS) die afgelope Saterdag (25 Augustus) ‘n krieketles geleer met ‘n massiewe 392-lopie oorwinning. Volkies het 557/3 gemoker voordat hulle KHS vir ‘n skamele 165 uitgeboul het.

Drie van Volkskool se kolwers, Van Zyl Smit (128 van 94 balle), Christiaan Bester (146 van 96 balle) en Martin Fourie (143* van 66 balle) het die lopies behoorlik laat vloei en geen genade op hulle eie tuisveld getoon nie om 557/3 op te stapel. Fourie het in sy spoggerige beurt 14 viere en 6 sesse geslaan.

Volkies het die loot gewen en eerste gekolf waarna Bester en Smit ‘n triomfantlike 251 lopie venootskap om die eerste paaltjie bygedra het. Bester en Smit het nie net die langsteel ingelê nie, maar kwaliteit kriekethoue gespeel in ‘n kolfmeesterklas.

Verder het André Taljaard met 72 (40) en Awie Visser met 36 (11) verder die sout in KHS se wonde gevryf.  Wat hierdie oorwinning nog meer merkwaardig maak, is die lopietempo, ‘n blitsige 11 lopies per boulbeurt, waarteen al die kolwers hulle lopies aangeteken het.

KHS sou ‘n haas uit die hoed moes trek om naby aan dié reuse totaal te kom en van die begin af was dinge swaar toe Jannie Claassens met 2/55 in 9 beurte eerste die besoekers beperk het. Volkies se draaiers het na dit toegeslaan met  Van Zyl Smit 3/22, Andre Taljaard 2/6 en Awie Visser 2/55 wat puik boulwerk gelewer het.

KHS is glad nie meer die krieketkrag wat dit in die laat 90’s en 2000’s was nie en dit is na hierdie nederlaag duidelik dat Noordwes skolekrieket se bestendigheid in Potch is.

Volkies stel nou hulle visier na hulle kragmeting teen Potchefstroom Gimnasium wat hierdie komende Saterdag (1 September) op Volkskool se velde plaasvind.

*Lees meer in komende Donderdag se Herald oor hierdie wedstryd. 

Foto’s: Wouter Pienaar

https://www.nbcarsales.co.za/
https://www.nbcarsales.co.za/

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button