SportSport

De Kock bedank as Luiperds HUB

Die Luiperds se hoof uitvoerende beampte (HUB) van die afgelope 3 jaar, Andries de Kock, sal amptelik op 31 Augustus 2018 uit sy pos tree. Volgens De Kock is hierdie besluit persoonlik aangesien hy en sy vrou, Helene na Hartenbos verhuis om nader aan hulle kinders te wees wat daar woonagtig is. “Ek het besluit …

Die Luiperds se hoof uitvoerende beampte (HUB) van die afgelope 3 jaar, Andries de Kock, sal amptelik op 31 Augustus 2018 uit sy pos tree.

Volgens De Kock is hierdie besluit persoonlik aangesien hy en sy vrou, Helene na Hartenbos verhuis om nader aan hulle kinders te wees wat daar woonagtig is.

“Ek het besluit om my bedanking in te dien aangesien daar verskeie persoonlike faktore was. Een van die hoogtepunte was om in ‘n groter betrokkenheid by die provinsie te wees en ‘n verskil te kon maak. Die laagtepunte was om die gebrek in samewerking en vertroue in SA Rugby te sien, veral tussen die groot en klein unies,” het hy genoem.

De Kock het vanaf 1 September 2015 as HUB by die Luiperds diens gedoen en sou oorspronklik net vir 6 maande betrokke wees, maar sy kontrak is na 3 jaar verleng, waar hy prosedures en sisteme in plek gesit het om die Luiperds uit moeilik finansiële waters te lei.

De Kock sal wel vir die volgende drie maande op ‘n deeltydse basis as konsultant optree om vir die waarnemende HUB, Eugene Fourie, in hierdie tydperk van verandering by te staan. Fourie is tans die bestuurder van amateur rugby by die Luiperds en hy sal as HUB waarneem totdat daar ‘n amptelike aanstelling gemaak is.

“Dit is met groot jammerte dat die Luiperds kennis geneem het van Andries se bedanking en maak almal by die Luiperds en ek persoonlik, graag van hierdie geleentheid gebruik om hom te bedank vir sy enorme bydra wat hy tot Luiperds Rugby gelewer het, ” het die Luiperds Rugbyunie president, André May, in ‘n persverklaring genoem.

 

https://www.nbcarsales.co.za/
https://www.nbcarsales.co.za/

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button