Piratesbeker weer in Puk se trofeekas
Die NWU se eerste rugbyspan het Saterdag by Wits met ‘n 26-25 oorwinning teen Roodepoort bewys dat hulle sonder twyfel as een van die top klubs beskou kan word. Dit nadat hulle vir ‘n tweede agtereenvolgende jaar die Pirates Grand Challenge (PGC) titel verower het. ‘n Skepskop van die jong Puk-losskakel, BF van Staden, was …

Die NWU se eerste rugbyspan het Saterdag by Wits met ‘n 26-25 oorwinning teen Roodepoort bewys dat hulle sonder twyfel as een van die top klubs beskou kan word.
Dit nadat hulle vir ‘n tweede agtereenvolgende jaar die Pirates Grand Challenge (PGC) titel verower het. ‘n Skepskop van die jong Puk-losskakel, BF van Staden, was genoeg om Roodepoort se doppie te klink in ‘n taai wedstryd waar die regte oomblikke na die Potchefstromers se kant toe geswaai het.
Die Pukke manne het na ‘n lang seisoen ‘n moedige vertoning op beide aanval en verdediging ingesit om weer die beker in te palm.
Volgens die NWU se kaptein, Alex du Plooy was die stryd teen Roodepoort baie fisiek gewees waar sy span diep moes delf om die oorwinning te behaal.
“Toe Roodepoort ‘n 50m skepskop oorgesit het wat beteken het hul vir die eerste keer in die wedstryd voor was met die telling 23-25 in hul guns met 12 min oor het ek my spelers in die oë gekyk en vir hul gesê dis nou die tyd om die wedstryd te gaan wen,” noem hy.


“Ons karakter was ernstig getoets maar ek voel ons het die toets geslaag toe ons fase vir fase opsit om vir BF ons loskakel ‘n geleentheid te gee om n skepskop ui te voer sodat ons weer voor kan kom op die telbord.”
“As kaptein en as ‘n Puk speler is ek ongelooflik trots op my spelers want in die begin van die seisoen het ons ‘n paar wedstryde verloor en ons was as ‘n span afgeskryf en daar was vir ons gesê ons sal nie die kompetisie kan wen nie.
Dis nou tyd vir die volgende generasie Puk rugby spelers om die mantel te dra en diep voetspore te trap en hopelik kan hulle volgende jaar weer die Liga vir ons wen vir n 3de keer in n ry,” vertel Du Plooy.




