SportSport

Luiperds soek na derde agtereenvolgende wen teen OP

Die Luiperds het vanjaar se Curriebeker Eerstedivisie met mening begin en is steeds onoorwonne na hulle 36-12 sege teen Boland op die Fanie du Toit Sportgronde op Vrydag, 31 Augustus. Die Luiperds het met ‘n 27-25 wen teen die SWD Arende twee weke gelede geopen en sal dit drie in ‘n ry teen die Oostelike …

Die Luiperds het vanjaar se Curriebeker Eerstedivisie met mening begin en is steeds onoorwonne na hulle 36-12 sege teen Boland op die Fanie du Toit Sportgronde op Vrydag, 31 Augustus.
Die Luiperds het met ‘n 27-25 wen teen die SWD Arende twee weke gelede geopen en sal dit drie in ‘n ry teen die Oostelike Provinsie hierdie komende naweek, Saterdag, 8 September wil maak.
In die wedstryd teen die Boland was daar ‘n klomp positiewe punte wat die tuisskare op hulle voete gehad het. Die Luiperds se Marius Stander, Jimmy Mpailane, Gerhard Nortier en Bradley Moolman het die drieë ingesamel. Die werk in die losgemaal van Boela Venter met bal in die hand waar hy klomp keer meters gewen het, was een van hierdie punte. Johan Retief was ook sy besige self in die lynstaan en kliphard op die verdediging. Verdediging was ook juis iets wat uitgestaan het met die Luiperds wat telkemale die Boland op hulle vyf meter lyn gestuit het.
Die Luiperds kaptein, Chriswill September is met ‘n kopbesering van die veld af teen Boland en hy sal die wedstryd teen OP weens harsingskudding mis. Dit sal ‘n leemte vir die Luiperds wees met hulle skrumskakel wat die afgelope tyd in goeie vorm is. Eugene Hare sal sy plek op skrumskakel inneem.
Die Namibiese haker, Chucky van der Westhuizen, sal die span aanvoer teen die OP. Luiperds breier, Jonathan Mokuena is vas oortuig dat sy span nog nie hulle volle potensiaal bereik het nie en dat hulle meer oortuigend vir Boland moes klop. “Ons was nie klinies genoeg teen Boland nie en moes meer met ons geleenthede gemaak het. Dit sal belangrik wees dat ons teen die OP ’n beter vertoning insit,” het Mokuena genoem.

Span teen OP:

15. Tapiwa Mafura, 14. Dean Gordon, 13. Evardi Boshoff, 12. AK Nela, 11. Dean Stokes, 10. Schalk Hugo, 9. Eugene Hare, 8. Edward Haas, 7. Boela Venter, 6. Wandile Mazibuko, 5. Danny du Plooy, 4. Johan Retief, 2. Matimu Manganyi, 2. Chucky van der Westhuizen (kaptein), 1. Nelius Theron. Plaasvervangers: 16. Marius Stander, 17. Robert Hunt, 18. Stairs Mhlongo, 19. Siya Mdaka, 20. Nkosana Mataba, 21.Gerhard Nortier, 22. Bradley Moolman.

https://www.nbcarsales.co.za/
https://www.nbcarsales.co.za/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button