Plaaslike atlete gereed vir SA landloopkampioenskappe
Die Suid-Afrikaanse landloopkampioenskappe vind hierdie Saterdag, 8 September in Port Elizabeth plaas en die plaaslike atlete van Atletiek Sentraal Noordwes (ASNW) sal graag weer naam wil maak by hierdie prestigebyeenkoms. Atlete soos Jerry Motsau, Rantrso Mokopane en Petrus Ditabe sal van die ASNW se sterkste kandidate wees. Elroy Gelant, Thabang Mosiako, David Manja en Puseletso …

Die Suid-Afrikaanse landloopkampioenskappe vind hierdie Saterdag, 8 September in Port Elizabeth plaas en die plaaslike atlete van Atletiek Sentraal Noordwes (ASNW) sal graag weer naam wil maak by hierdie prestigebyeenkoms. Atlete soos Jerry Motsau, Rantrso Mokopane en Petrus Ditabe sal van die ASNW se sterkste kandidate wees.
Elroy Gelant, Thabang Mosiako, David Manja en Puseletso Mofokeng sal ook van die gunstelinge in die mans 10 kilometer wedloop wees. Volkies se Robert de Villiers sal ook in die junior manswedloop wil naam maak. “Ons staan nogal ‘n groot kans om ‘n paar medaljes huis toe te bring in die senior-kategorie en in die spankompetisies. Dit is tans baie koud in Port Elizabeth en ons sal moontlik ‘n nat wedloop hê. Ek glo ons atlete sal die ding kan doen en hopelik weer die trofee verower wat ons in 2016 gewen het,” noem ASNW se Richardo Ellis.

![]()




