SportSport

Volkies se o.15-span steeds onoorwonne in krieketliga

Volkies se o.15A-span speel vanjaar ongelooflike krieket, waar hulle met beide bal en kolf beïndruk. Volkies se o.15A’s het hulle wenpatroon teen Wesvalia met ‘n 191-lopie oorwinning voortgesit. Volkies wen die loot teen Wesvalia en kolf eerste. Volkies teken 322/9 aan in 50 beurte. Die beste kolwers was Niel van Vuuren met ‘n blitsige 75, …

Volkies se o.15A-span speel vanjaar ongelooflike krieket, waar hulle met beide bal en kolf beïndruk.
Volkies se o.15A’s het hulle wenpatroon teen Wesvalia met ‘n 191-lopie oorwinning voortgesit. Volkies wen die loot teen Wesvalia en kolf eerste. Volkies teken 322/9 aan in 50 beurte.
Die beste kolwers was Niel van Vuuren met ‘n blitsige 75, John van Wyk met 63, Corne Prinsloo met 51 en Wendell Osuala met 35.
Wesvalia was van die begin af onder druk en word uitgeboul vir 131. Die beste boulers vir Volkies was John van Wyk met 3 vir 18 en Waldo Kemp met 2 vir 13.
Volkies kwalifiseer sodoende vir die halfeindstryde wat na die Oktober vakansie sal plaasvind.
Wesvalia se eerstes het nie kans gesien vir Volkies nie en het ongelukkig onttrek van die naweek se wedstryd. Dit laat Volkies onoorwonne in die liga en met ’n belangrike tuisveldvoordeel met die uitspele wat voorlê

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button