SportSport

Supa Quick Nagwedloop gaan weer talle voete trek

Die Supa Quick 10km en 5km Nagwedloop vind word op Woensdag 17 Oktober by die B-rugbyvelde van Potchefstroom Dorp Rugbyklub langs Olënpark gehou. Dié wedloop, wat deur Bert’s Bricks Atletiekklub aangebied word, is baie gewild en ‘n groot aantal atlete neem elke jaar daaraan deel. Dit bied die ideale geleentheid aan ervare en beginner atlete …

Die Supa Quick 10km en 5km Nagwedloop vind word op Woensdag 17 Oktober by die B-rugbyvelde van Potchefstroom Dorp Rugbyklub langs Olënpark gehou.
Dié wedloop, wat deur Bert’s Bricks Atletiekklub aangebied word, is baie gewild en ‘n groot aantal atlete neem elke jaar daaraan deel. Dit bied die ideale geleentheid aan ervare en beginner atlete om ‘n 10km of 5km aan te pak.
Die 10km wedloop begin om 19:00 en die 5km pretloop om 19:10. Die inskrywingsgelde vir die 10km is R70 per atleet en vir die 5km R40. Atlete wat aan die 10km wedloop wil deelneem en nie vir 2018 by Atletiek Suid-Afrika (ASA) geregistreer is nie, moet ‘n tydelike nommer vir R40 koop. Atlete kan vanaf 17:00 op die dag van die wedloop by die stadion inskryf.
Elke deelnemer sal ook ‘n gratis wielbalansering en wielrotasie by Supa Quick kry.
Kontak gerus vir Chantelle Pat by 073 466 9158 vir meer inligting.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button