SportSport

John van Wyk se 8/26 lei Volkies na semi-finaal teen Waterkloof

Volkies het Saterdag, 27 Oktober Hoërskool Pietersburg se o.15A’s in Polokwane aangedurf. John van Wyk was weer in ‘n verwoestende bui met die bal en neem 8 paaltjies vir slegs 26 lopies om Volkies ‘n 175-lopie oorwinning te gee. Pietersburg word hier in die 26ste boulbeurt uitgeboul vir 95. Volkies het die loot verloor en …

Volkies het Saterdag, 27 Oktober Hoërskool Pietersburg se o.15A’s in Polokwane aangedurf. John van Wyk was weer in ‘n verwoestende bui met die bal en neem 8 paaltjies vir slegs 26 lopies om Volkies ‘n 175-lopie oorwinning te gee. Pietersburg word hier in die 26ste boulbeurt uitgeboul vir 95.
Volkies het die loot verloor en is gevra om te kolf. Niël van Vuuren het Volkies weer op die voorvoet gekry met ‘n mooi 58 (79). Waldo Kemp 31 (39), Stephan Fourie met 48 (60) en John van Wyk met 52 (56) lopies lewer almal ‘n bydrae om Volkies by 270 vir 8 te kry in hulle toegelate 50 beurte. Volkies speel eerskomende Saterdag teen Waterkloof by Volkskool in die semi-finaal.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button