Volkies se krieketspelers vat Kaapse skole aan
Hoër Volkskool Potchefstroom se krieketspelers het in die eerste week in Januarie vanjaar die gulde geleentheid gehad om hulle vaardighede teen die top skole in die Kaap te toets. Dit was ‘n leerskool vir dié krieketspelers by die Cape Cricket Festival gewees, veral omdat die kolfblaaie sowel as die sterkte van die opponente iets was …

Hoër Volkskool Potchefstroom se krieketspelers het in die eerste week in Januarie vanjaar die gulde geleentheid gehad om hulle vaardighede teen die top skole in die Kaap te toets.
Dit was ‘n leerskool vir dié krieketspelers by die Cape Cricket Festival gewees, veral omdat die kolfblaaie sowel as die sterkte van die opponente iets was wat Volkies nie altyd aan gewoond is nie.
Alhoewel die o.15 en eerstespanne min oorwinnings kon behaal, was daar steeds ‘n paar puik vertonings wat die oë laat rek het.
Volkies se o.15-span het wel ‘n beroemde vyf paaltjie oorwinning teen SACS in hulle sak gesteek.
Die volgende seuns behaal uitsonderlike prestasies teen van die land se voorste krieketskole tydens die Cape Cricket Festival.
• Jannie Claassens 65 van 64 teen Westville Boys High
• Jaco Viljoen 54 van 42 teen Westville Boys High
• Niel Jansen van Vuuren 55 teen Paul Roos Gimnasium
• Corné Prinsloo 4/26 en 63 lopies teen SACS
• Jannie Niemand 5/37 teen Rondebosch Boys High
• John van Wyk 144 nie uit teen Wynberg Boys High en 51 nie uit teen SACS

“Ons het maar swaar gekry daar onder. Dit was behoorlike kompetisie en die Kaapse kolfblaaie en omstandighede was baie anders as wat ons aan gewoond is. Dit was egter baie goeie voorbereiding en ongelooflike ervaring om al die Engelse seunskole te kon beleef,” het Volkskool se eerstespan krieketafrigter, Andries Huisamen, genoem.
Uitslae:
1ste span verloor teen Westville Boys High, Paul Roos Gimnasium, Paarl Gimnasium en Rondebosch Boys High.
o.15A’s verloor teen Paarl Boys High, wen vir SACS, verloor teen Rondebosch Boys High en verloor met 5 lopies teen Wynberg Boys High.




