SportSport

Berts Bricks Atletieklub se grootmeester van die pad word vereer

Met sy skraal figuur, opgewekte persoonlikheid en groot glimlag is die 62-jarige Lekhu Molefe een van Berts Bricks Atletiekklub se kleurvolste en suksesvolste atlete. Met talle eerste plekke in verskeie padwedlope, half en vol marathons in die Grootmeester-kategorie (60-65 jaar) het Molefe met reg die groot titel van Berts Bricks Atletiekklub se Mansatleet van die …

Met sy skraal figuur, opgewekte persoonlikheid en groot glimlag is die 62-jarige Lekhu Molefe een van Berts Bricks Atletiekklub se kleurvolste en suksesvolste atlete.

Lekhu Molefe staan is ongelooflik trots op sy Mansatleet van die Jaar-trofee wat hy by Berts Bricks Atletiekklub gekry. Foto: Wouter Pienaar
Lekhu Molefe staan is ongelooflik trots op sy Mansatleet van die Jaar-trofee wat hy by Berts Bricks Atletiekklub gekry. Foto: Wouter Pienaar

Met talle eerste plekke in verskeie padwedlope, half en vol marathons in die Grootmeester-kategorie (60-65 jaar) het Molefe met reg die groot titel van Berts Bricks Atletiekklub se Mansatleet van die Jaar-trofee verower.
Dit is die eerste keer dat Molefe, wat al sedert 2012 by Berts Bricks as atleet betrokke is, dié gesogte toekenning ontvang. Hy loop in die groot voetspore van klublegendes soos Nico Deerling, Jaco Barnard en Jikase Kolote.

“Ek is baie gelukkig om hierdie trofee te kon wen. Ek het verlede jaar baie goed gehardloop en baie eerste plekke gekry,” vertel Molefe, terwyl hy elke oorwinning en uitslag trots opnoem.

Molefe se grootste prestasies sluit in ‘n sesde plek by vanjaar se SA Kampioenskappe in die 21.1 km waar hy ‘n algehele sesde plek behaal het en net buite die top vyf gekom het. Indien Molefe in die top vyf geëindig het, sou hy die SA-span behaal het. Dieselfde storie het ook by die SA 10km kampioenskappe gebeur, waar hy vierde gekom het en net op die top drie uitgemis het.

“Hierdie jaar wil ek harder oefen en meer tyd in die gimnasium spandeer om sterker en fikser te word. Ek wil my bes probeer om beter by die SA Kampioenskappe te hardloop en ek soek hierdie jaar podiumplekke,” noem hy.

Lekhu Molefe is 'n ervare atleet wat altyd sy bes gee.
Lekhu Molefe is ‘n ervare atleet wat altyd sy bes gee.

Molefe se uitslae in 2018 is indrukwekkend om die minste te sê: Ses eerste plekke, een tweede plek, sowel as een derde plek. Hy voltooi ook die Comrades Marathon as die 63ste atleet in sy kategorie in ‘n tyd van 9:49:32. Verder behaal hy ook ‘n tiende plek by die Twee Oseane Marathon in Kaapstad. Molefe se beste tyd in die Comrades Marathon was 8:47:58 in 2016, waar hy 11de in sy kategorie geëindig het. Sy beste tyd in die Twee Oseane Marathon was in 2017 toe hy in 04:567:23 klaargemaak het.

Lekhu Molefe op die pad waar hy al talle kilometers afgelê het. Foto: Barco Greeff
Lekhu Molefe op die pad waar hy al talle kilometers afgelê het. Foto: Barco Greeff

Volgens Berts Bricks Atletiekklub se voorsitter, Chantelle Pat, is daar geen twyfel waarom Molefe die titel as die klub se beste mansatleet gevat het nie.

“As mense vir atlete vra waarom hardloop jy en jy probeer verduidelik hoe bevredigend dit is, verstaan hulle nie, maar as jy vir Lekhu sien na ‘n wedloop, sien jy sommer die bevrediging en trots in sy gesig. Hy sal pligsgetrou na ‘n wedloop klubhuis toe kom met sy medalje en tyd vir sy wedloop. Ons as klub is werklik trots op elke een van sy prestasies,” noem Pat.

“Lekhu is gereeld ‘n kategoriewenner op die wedlope waarin hy deelneem (wenner van sy ouderdomsgroep). So was hy ook die eerste persoon in sy kategorie tydens die 2018 Great Brick Run, sowel as die Supa Quick Nagwedloop. Die lys gaan aan en aan,” noem sy verder.

Volgens Molefe is hy beseringsvry en al raak hy ouer, voel hy nie dat hy met enige kwale sit nie. “Ek maak seker ek strek genoeg en ek oefen om seker te maak dat ek fiks is vir die wedlope,” sê hy.

Molefe se top uitslae in 2018 (Grootmeester-kategorie)
Posisie 1 – Ottosdal marathon (42.2km)
Posisie 1 – Klerksdorp marathon (42.2km)
Posisie 1 – Rustenburg half-marathon (21.1km)
Posisie 1 – Ventersdorp half-marathon (21.1km)
Posisie1 – Potchefstroom (16km)
Posisie 1 – Potchefstroom (10km)
Posisie 3 – Mandela uitdaging-wedloop.

Boston

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button