SportSport

Ferdies se Bell is klokslag met sy spel

Met ‘n tennisraket in sy hand en op die atletiekbaan met ‘n hekkie voor hom, is Hoërskool Ferdinand Postma se blink sportseun, Tiaan Bell, in sy element. Bell, tans ‘n graad 11-leerder, het al van jongs af sy talent bewys en is die no.2 tennisspeler in Noordwes op o.19-vlak, asook die nommer een o.17 speler …

Met ‘n tennisraket in sy hand en op die atletiekbaan met ‘n hekkie voor hom, is Hoërskool Ferdinand Postma se blink sportseun, Tiaan Bell, in sy element.
Bell, tans ‘n graad 11-leerder, het al van jongs af sy talent bewys en is die no.2 tennisspeler in

Noordwes op o.19-vlak, asook die nommer een o.17 speler in die provinsie.

“My hoofdoel is om vanjaar aan te hou om goeie tennis te speel om dan uiteindelik vir die universiteit oorsee tennis te speel na skool,” vertel Bell, wat onder die afrigting van Jandré Schoeman by die Riaan Venter Tennisakademie op die NWU oefen.

Hierdie kranige tennisspeler se kalm houding op die baan, sowel as sy sterk voorhand en skerp sin vir die spel, gee hom die ekstra voordeel op die baan.

“Ek speel nou al omtrent vier jaar kompeterend tennis en dit is die sport wat ek die meeste geniet. Ek het verlede jaar aan ‘n paar Internasionale Tennis Federasie (ITF) junior toernooie deelgeneem en ook in Tennis Suid-Afrika (TSA) kompetisies gespeel. Van die tennisspelers wat in dié kompetisies deelneem oefen omtrent heeldag tennis.”

“Om verder te vorder in tennis, moet jy besonder goed wees, omdat dit so kompeterend is,” noem Bell, wat verlede jaar ook die Groenkloof-tennistoernooi gewen het.
“Ek is iemand wat graag aggressief vanaf die agterlyn speel en dan met voor en rugkanthoue punte maak. Dylan Salton is ‘n plaaslike speler waarna ek opkyk.

“Die manier hoe hy speel is vir my ongelooflik, juis omdat hy so geduldig is en baie kalm bly,” vertel Bell verder, wat met ‘n Wilson-raket die bal na alle hoeke van die baan stuur.

Buiten tennis is Tiaan ook ‘n uitblinker op die atletiekbaan en in die 400m hekkies is hy een van Ferdies se staatmakers.

“Ek geniet veral langer afstand hekkies en ek sien uit na die atletiekseisoen wat voorlê. Die lekker aspek van Ferdies is dat daar ‘n gelykheid en eenheid in die skool is, al is ons nie die top sportskool nie. Die mense hier maak die skool vir my baie lekker.”

Foto’s: Verskaf

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button