Plaaslike atlete hou kleedrepitisie voor Interhoër
Hoër Volkskool Potchefstroom en Potchefstroom Gimnasium het die afgelope naweek op onderskeidelik 1 en 2 Februarie die nuwe maand met puik prestigebyeenkomste geopen. Altwee hierdie byeenkomste kom ‘n week voor die groot Interhoër-atletiekbyeekoms wat hierdie komende Saterdag (9 Februarie) gaan plaasvind en altwee skole is gereed om vir die groot sportgeleentheid voor te berei. Volkies …

Hoër Volkskool Potchefstroom en Potchefstroom Gimnasium het die afgelope naweek op onderskeidelik 1 en 2 Februarie die nuwe maand met puik prestigebyeenkomste geopen.
Altwee hierdie byeenkomste kom ‘n week voor die groot Interhoër-atletiekbyeekoms wat hierdie komende Saterdag (9 Februarie) gaan plaasvind en altwee skole is gereed om vir die groot sportgeleentheid voor te berei.
Volkies het verlede Vrydag in sopnat-toestande teen Potchefstroom Boys High, Potchefstroom Girls High, Bergsig, Die Anker, Marais Viljoen, Vryburg en Wesvalia deelgeneem. Die byeenkoms is vrekort met geen veld-items wat weens nat toestande plaasgevind het nie.
Gimmies het die afgelope Saterdag teen Vereeniging Gimnasium, Hoërskool Eldoraigne, Hoërskool Centrurion en Hoërskool Garsfontein kragte gemeet en hulself goed teen van Gauteng se top atlete getoets.
Kyk die foto’s hier:(Foto’s: Wouter Pienaar)























