SportSport

Drie redes vir NWU se oorwinning teen UWK in Varsitybeker

Die afgelope Maandagaand (18 Februarie) het die NWU op hulle Fanie du Toit Sportgronde-vesting vir die nuwelinge van die Varsitybeker, UWK (Universiteit van Wes-Kaapland), met 37-21 geklop. Hier is ‘n terugblik na wat die NWU gedoen het om die Kapenaars te oorwin. 1. Ondersteuners verkleur die Fanie in pers Een van die treffendste aspekte van …

Die afgelope Maandagaand (18 Februarie) het die NWU op hulle Fanie du Toit Sportgronde-vesting vir die nuwelinge van die Varsitybeker, UWK (Universiteit van Wes-Kaapland), met 37-21 geklop. Hier is ‘n terugblik na wat die NWU gedoen het om die Kapenaars te oorwin.

1. Ondersteuners verkleur die Fanie in pers
Een van die treffendste aspekte van die NWU se oorwinning teen UWK het te doen gehad met dit wat ook van die veld af plaasgevind het. Studente en mede Potchefstromers het die Fanie du Toit Sportgronde volgepak sodat nie eers ‘n muis kon sitplek kry nie en met meer woema hulle span ondersteun. As die Fanie elke week dié getalle oplewer sal die NWU nie kan kla dat hulle nie rotsvaste ondersteuning het nie. Dit het werklik die spelers net daardie ekstra tikkie motivering gegee om voor so ‘n lojale skare te speel.

2. Vinnig uit die blokke wys gretigheid en selfvertroue
Nog ‘n verblydende aspek vir NWU-afrigter, Jonathan Mokuena, sou sy span se selfvertoue in die eerste 25 minute wees, waar hulle drie drieë gaan druk het om ‘n 23-0 voorsprong teen die UWK te bou. Evardi Boshoff en Chuiner van Rooyen het soms sirkels om die verdedigers gehardloop en Boshoff kan tevrede wees met sy sprankelende spel op die aand wat met ‘n drie afgerond is. Dit het sake uit die staanspoor uit vir Chester Williams se span moeilik gemaak en hulle kon nooit heeltemal herstel nie. Tog het die NWU die besoekers toegelaat om hulle stempel in die tweede helfte af te druk na ‘n swakker tweede helfte.

3. NWU se voorspelers domineer
Die NWU se voorspelerpak was so kliphard soos ‘n rots in beide die aanval en verdediging, maar dit was juis met die skrumwerk en rolmaalbewegings wat die plaaslike studente hulself goed laat geld het. Kaptein Chucky van der Westhuizen was weer ‘n sterk leiersfiguur, terwyl Wian Conradie en Wandi Mazibuko weer hulle hande opgesteek het. Dit is ook goed om vasskopstut, Robert Hunt in goeie vorm te sien en tesame met Botter Moloto is daar sterk stabiliteit voorlangs. As die NWU aanhou om voorlangs hulle staal te wys, sal hulle ‘n moeilike neut wees om te kraak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button