Die grootste stryd vir die NWU in vanjaar se Varsitybeker lê vir hulle komende Maandag, 4 Maart om 19:00 in Stellenbosch voor wanneer hulle die onoorwonne Maties gaan aanpak.
Jonathan Mokuena se manne het vanjaar hulle verdediging goed opgeskerp en sal werklik getoets word teen Maties se spoedige agterlyn wat as die beste in die kompetisie bestempel is.
Maties se senter, Chris Smit het sover ‘n uitstekende seisoen, terwyl die vleuel, Munier Hartzenberg en die ervare Edwill van der Merwe ook klomp spoed bied.

during the Varsity Cup Rugby match between FNB Tuks and FNB MATIES on February 18, 2019 at Tuks Stadium in Pretoria, South Africa.
#VarsityRugby
(Photo by Catherine Kotze/SASPA)

Die NWU se sterkpunt lê nou weer in hulle voorspelerpak wat dié seisoen onder leiding van haker en kaptein, Chucky van der Westhuizen kookwater rugby speel.
Dit was juis teen Shimlas met ‘n 26-13 oorwinning die afgelope Maandag in Bloemfontein waar die NWU hulle staal op die verdediging getoon het. Hulle sal dieselfde menta lliteit moet behou teen ‘n
baie gevaarliker Maties- span wat nie nie sommer kanse soos die Shimlas sal verbrou nie. Die NWU is tans derde op die punteleer op 14 punte en ook onoorwonne, al het hulle een minder wedstryd as hulle Kaapse teen-standers gespeel.
Maties is op 19 punte na vier wedstryde waar hulle met vlieënde vaandels as verdedigende kampioene deurgekom het.
Maties en die NWU het mekaar verlede jaar in die eindstryd aangepak, wat Maties toe 40-7 gewen het. Die NWU sal dus die appelkar wil omgooi en vir die tuisspan wil wys dat daar ook krake in hulle bekerveldtog is.
Volgens NWU afrigter, Jonathan Mokuena gaan hulle die wedstryd soos normaalweg aanpak en dit as nog ‘n wedstryd sien op hulle bekerpad.
“Ons gaan fokus op wat ons moet doen en ons wedstrydplan uitvoer. Teen Shimlas het ons, ons geleenthede benut en op die ou einde is dit wat belangrik is.
Die manne het bewys dat hulle vir mekaar omgee en as ‘n span saamstaan. Daar is geen pasella drieë afgestaan nie en Jean Tiedt het as verdedigingsafrigter sy huiswerk mooi gedoen,” het Mokuena, beaam.
Spelers om voor uit te kyk:
NWU: Schalk Hugo (10), Wandile Mazibuko (7), Chucky van der Westhuizen (2), Chuiner van Rooyen (15)
Maties: Munier Hartzenberg (14), Edwill van der Merwe (11), Chris Smit (12)



