SportSport

Gimmies se swemmers weer puik by Interhoër-swemgala

Tydens die Interhoër-swemgala wat Maandag, 25 Februarie by Potchefstroom Dam plaasgevind het, het Potchefstroom Gimnasium se swemmers weer behoorlik uitgeblink. Gimmies eindig algeheel tweede, met Hoërskool Rustenburg in die eerste plek en Bergsig in die derde plek. Chazél Orton deel die Junior Victrix Ludorum-trofee, terwyl Theo Ferreira as die Senior Victor Ludorum aangewys is. Hier …

Tydens die Interhoër-swemgala wat Maandag, 25 Februarie by Potchefstroom Dam plaasgevind het, het Potchefstroom Gimnasium se swemmers weer behoorlik uitgeblink. Gimmies eindig algeheel tweede, met Hoërskool Rustenburg in die eerste plek en Bergsig in die derde plek.

Chazél Orton deel die Junior Victrix Ludorum-trofee, terwyl Theo Ferreira as die Senior Victor Ludorum aangewys is.

Hier is ander uitslae van Gimmies se swemmers: Janco Uys: 2 goud, Tiaan Rossouw: 2 goud, Anika Rossouw: 1 brons, Chazél Orton: 1 goud, 1 silwer, Jack Cameron: 1 brons, Conrad Jordaan: 2 brons, Sunél Smit: 1 goud, Reynard Rossouw: 1 silwer, 1 brons, Juandré Uys: 1 goud, 1 brons, Theo Ferreira: 1 goud, 2 silwer, Micha Kriek: 1 goud, 1 brons, William Slaughter: 2 goud, 1 silwer en Lindie Meyer: 1 brons.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button