NWU se voorspelers troef Ikeys in modderbad
Op ‘n koel aand op die Fanie du Toit Sportgronde was die NWU se voorspelerspak vuurwarm met ‘n 32-17 sege teen die Universiteit van Kaapstad se Ikeys. In hierdie Varsitybekerwedstryd vanaand (Maandag, 11 Maart) was lynstaan-aanvalle koning met die NWU wat drie drieë danksy die stoomroller-tegniek in nat toestande behaal het. Na die dag se …
Op ‘n koel aand op die Fanie du Toit Sportgronde was die NWU se voorspelerspak vuurwarm met ‘n 32-17 sege teen die Universiteit van Kaapstad se Ikeys.
In hierdie Varsitybekerwedstryd vanaand (Maandag, 11 Maart) was lynstaan-aanvalle koning met die NWU wat drie drieë danksy die stoomroller-tegniek in nat toestande behaal het. Na die dag se reën was die veld nat, al het die reëndruppels bedaar toe die wedstryd afgeskop het.
Die NWU het hulle eerste punte vanaf ‘n lynstaan-dryfbeweging aangeteken, toe Reuben du Plooy vir sy eerste Varsitybekerdrie oorgeduik het sonder dat ‘n Ikeys speler hulle hande op hom kon kry. Die NWU het daarna hulle spiere gewys met nog twee drieë van die lynstaan af, een van Botter Moloto en ‘n tweede een van Du Plooy om na die eerste 20 minute, met 19-3 voor te loop.
Ikeys het na die strategiebreek teruggeveg met hulle eerste drie toe hulle die NWU se medisyne teen hulle gebruik het met ‘n lynstaanbeweging waar haker, Brenton Greaves, oor is om die telling na 19-10 te vernou.
‘n Schalk Hugo strafskop het die NWU weer momentm gegee nadat hulle pak weet hulle teenstanders oordonder het. Teen halftyd het die NWU met 22-10 voorgeloop, alhoewel Gideon van der Merwe en Eugene Hare afgestuur is om die NWU vir 15 minute met twee minder spelers in die tweede helfte te los.
Ikeys het sodoende ‘n kans gehad om hulle voordeel te gebruik, maar die NWU het nie voor hulle tuisskare gaan lê nie. Dit het Ikeys ook nie gehelp dat die skrumskakel, Brandon Salomo met ‘n geel kaart afgestuur is nie. Kort daarna in die 48ste minuut is die voormalige KHS eerstespankaptein, Edmund Rheeder oor vir sy eerste drie. Rheeder was fantasties op die aand en is as die speler van die wedstryd aangewys.
Ikeys het dieselfde taktiek gebruik ‘n paar minute hierna met die slot, Gary Porter wat vir 5 punte oor is om die telling na 29-17 te neem.
Die skeidsregter se sak het hom ook deurgaans gepla met nog ‘n geelkaart wat die keer aan Ikeys-kaptein, Josh Moon toegeken is met 15 minute speeltyd oor.
Die laaste paar minute was ‘n morserige affêre waar die Ikeys moedig vir die NWU frustreer het en te midde van goeie verdediging nie weer genoeg balbesit kon kry nie. Die NWU sal bly wees oor die bonuspunt-oorwinning, maar hulle sal hulle kanse beter moet gebruik teen gevaarliker spanne in die res van die kompetisie.
NWU: 32 (22)
Drieë: Reuben du Plooy (2) Botter Moloto, Edmund Rheeder
Doelskoppe: Schalk Hugo (3)
Strafskoppe: Schalk Hugo (2)
Ikeys: 17 (10)
Drieë: Brenton Greaves, Gary Porter
Doelskoppe: Daniel Hock (2)
Strafskoppe: Daniel Hock






