SportSport
Young Guns vind die sleutel tot sukses teen Ikeys
Die NWU se Young Guns het ten spyte van sopnat toestande nie die handdoek ingegooi nie en vir die UCT-Ikeys se Young Guns met 27-15 op die Fanie du Toit Sportgronde die afgelope Maandag (11 Maart) geklop. Die Ikey-Tiere kon nie aan die bal lank genoeg klou nie en met ‘n puik tweede helfte vertoning …

Die NWU se Young Guns het ten spyte van sopnat toestande nie die handdoek ingegooi nie en vir die UCT-Ikeys se Young Guns met 27-15 op die Fanie du Toit Sportgronde die afgelope Maandag (11 Maart) geklop.
Die Ikey-Tiere kon nie aan die bal lank genoeg klou nie en met ‘n puik tweede helfte vertoning het die NWU op die ou einde die knoop deurgehak.
Siya Khoza, Arno Gustaffson, Ernst Nebe en Mitchelle van der Merwe het vir die NWU gaan druk om ‘n bonuspuntoorwinning te besorg. Tristan Oosthuizen het met sy skopvoet twee doelskoppe en ‘n strafdoel oorgeklits.
Foto’s: Wouter Pienaar
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!












