SportSport

Tuks los NWU met niks

Tukkies was die beter span op die aand en het hulle geleenthede teen ‘n futlose Puk gebruik.

Nes die beurtkrag wat Potchefstroom in die donker gehou het, was die NWU se spel vanaand (18 Maart) in hulle 28-0 nederlaag teen Tukkies ook net so kragloos op die Fanie du Toit Sportgronde in Potchefstroom.

Daar was min ligpunte vir die tuisspan in die Varsitybekerwedstryd met Tukkies wat net meer energie in die wedstryd gewys het, wat kenmerkend vir hanterings en taktiese foute van albei spanne af was. Tog was Tukkies die beter span op die aand en het hulle geleenthede teen ‘n futlose Puk gebruik.

Tukkies het eerste gaan druk na ‘n tydperk van langdurige balbesit met die haker, Johan Grobbelaar wat die eerste punte van die wedstryd aanteken om Tukkies 5-0 voor te laat loop.

Die NWU het in die eerste helfte hopeloos te veel hanterings en besluitnemingfoute gemaak, met hulle gebrek om balle by hulle eie lynstane te hou, wat hulle gekelder het.

Niks het die tuisspan se kant toe gerol in die eerste 25 minute nie en Tukkies kon gemaklik beheer van die wedstryd hou. Hulle losskakel, Tinus de Beer was op sy stukke en het sy ervaring deur en deur gewys.

Tukkies se linkervleuel, Ciaran Dayaram was ook gevaarlik wanneer daar vir hom spasie gegun is en hy het konstant momentum vir sy span verskaf. So ook die senters Erich Cronje en Lourens Pretorius.

Die tuisspan kon glad nie ritme bou in die eerste helfte nie, terwyl Tukkies voel dat hulle wel meer met die balbesit kon doen toe die eerste helfte tot ‘n einde gekom het met die telling 11-0 in die besoekers se guns.

Tuks het in die tweede helfte met nog ‘n De Beer strafskop die gaping na 14 punte vergroot wat bteken het, dat die NWU nou twee keer moes gaan druk om terug in die wedstryd te kom.

Die NWU het hulself nie verder gunste gedoen met swak skoppe uit die hand nie.  Die bal is net weer vir die Pretorianers op ‘n skinkbord gegee.

Tukkies het dit soos ‘n honger gas opgeraap met heelagter, Damian Bonaparte wat oor die drielyn kuier.

Na 60 minute het die NWU steeds ‘n nul op die telbord gehad en die het sommige toeskouers vroeg die Fanie laat verlaat.

Die laaste kwart van die wedstryd was bloot ‘n formaliteit met Tukkies wat nog ‘n drie danksy plaasvervanger, Brian Leitch inpalm. Sodoende het Tukkies seker gemaak dat hulle die nodige vier punte kry om tweede plek te behou. Die NWU se troepe sal wel die stof moet afskud en van voor af beplan vir hulle kragmeting teen CUT volgende Maandag in Bloem.

NWU:  0

Tuks: 28 (11)

Drieë: Johan Grobbelaar, Damian Bonaparte, Brian Leitch

Doelskoppe: Tinus de Beer (2)

Strafskoppe: Tinus de Beer (3)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button