Met ‘n fenomenale stoot van 11.65m het die 10-jarige Stephané Hook van Laerskool Mooirivier nie net ‘n silwermedalje in die o.11-gewigstoot- kategorie behaal nie, maar ook as die derde beste veldatleet by die afgelope SA nasionale laerskole atletiekkampioenskappe geëindig.

Stephané het met 969 punte met hierdie poging geskitter. Dit is net ‘n kwessie van tyd voordat hierdie jong lewenslustige atleet die 13m-merk behaal.
Een van Stephané se groot pluspunte wat haar daardie bietjie ekstra gee, is juis haar entoesiasme wat sy by elke oefening wys. Dit gekoppel met tonne talent is dalk net wat vir Stephané in ‘n atletieksukses gaan omskep in die toekoms.



