SportSport

Glasfit is 9T20 kampioene

Die manne van Glasfit Potchefstroom was die algehele wenners met ‘n 113 lopie oorwinning teen Tile Africa in die A-eindstryd wat op 17 Maart op Senwespark plaasgevind het.

Die gewilde 9T20 sosiale- en besigheids krieketliga het hierdie seisoen weer van Potchefstroom se kranige krieketspelers die geleentheid gegee om te sien wie die pienk bal die verste kan slaan. Die manne van Glasfit Potchefstroom was die algehele wenners met ‘n 113 lopie oorwinning teen Tile Africa in die A-eindstryd wat op 17 Maart op Senwespark plaasgevind het.
Tile Africa, die verdedigende kampioene, wen die loot en stuur Glasfit Potchefstroom in om eerste te kolf. Elmor Kruger slaan 75 van 35 balle en Chad Vollenstee slaan 56 van 33 balle. Dit bring Glasfit na 20 beurte op 220/8 as totaal.
Tile Africa verloor in die 1ste beurt ‘n paaltjie en die paaltjies val die een op die ander soos die beurte volg. Hul word uitgeboul vir 107. Christo van Wyk spog met ‘n boulontleding van 4/5 in 2 beurte, wat ‘n driekuns insluit. Glasfit Potchefstroom stap breëbors van die veld af as kampioene. Met die afstap is die manne sommer aangevat en vriendelik gewaarsku om nie te geheg te raak aan die trofee nie, want hul daag hul reeds uit vir die volgende seisoen wat in September vanjaar aanbreek.
Vroeër die oggend was daar ook ‘n B- en C-finaal wat die dag op ‘n hoë noot laat begin het. Crease Monkeys kolf eerste en teken 189/8 aan. Spartans word uitgeboul vir 149, wat Crease Monkeys die C-liga laat wen. In die B-groepfinaal was dit Puff and Pazz Panthers aan die beurt teen die Jaguars. Die Panthers teken 158/5 in 20 beurte aan, en die Jaguars steek hul reeds in die 16de beurt verby en verloor slegs een paaltjie.
In die 2019/20 seisoen is daar reeds ‘n paar spanne wat as die groot kanonne gesien kan word. Jaguars, Avengers en Inteligro Kings tesame met Tile Africa val in hierdie kategorie.
Die organiseerder van die liga, Christo van Wyk, bedank die borge, spelers, ondersteuners, High School for Boys en Noordwes Krieketunie vir hulle ondersteuning. Die 9T20-XI span wat saamgestel is uit verskeie spanne van die 9T20 sosiale- en besigheids-krieketliga, het op Saterdag, 23 Maart die Noordwes Eerste Krieketliga ook vanjaar verower. Indien enige iemand betrokke wil raak of spanne wil inskryf, kontak gerus vir Christo van Wyk by 072 261 0097.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button