SportSport

Stryd van die nommer 10’s in Varsitybeker halfeindstryd in Pretoria

Schalk Hugo sal weer op sy beste moet wees nes teen Wits, met sy skopvoet en taktiese besluite wat krities sal wees.

Die NWU plaas nou alle fokus fokus op die halfeindstryd teen Tukkies wat komende Maandag (8 April) op die LC de Villiers-stadion in ‘n titaniese kragmeting sal ontaard.

Die NWU sal bewus wees wat in hulle 28-0 nederlaag skeefgeloop het en sal alles moet insit om die Pretorianers op hulle tuisgrond te klop.
Die NWU het absoluut niks om te verloor nie en as buiteperde kan hulle ‘n nuwe bladsy teen Tukkies draai. Tukkies se staatmaker losskakel, Tinus de Beer, sal weer sy linie wil lei met Damian Bonaparte op heelagter en Erich Cronjé op binnesenter wat dopgehou sal moet word.
In dieselfde asem sal Schalk Hugo weer op sy beste moet wees nes teen Wits, met sy skopvoet en taktiese besluite wat krities sal wees. Die NWU se voorspelerspak sal ook eersteklas moet wees teen ‘n gedugte Tuks-pak.

“Ons gaan ons lynstane beslis teen Tukkies moet verbeter. Ons het ons planne vir die halfeindstryd en weet dat ons net ons beste sal moet gee. In ‘n halfeindstryd kan enige iets gebeur, die belangrikste is om aan die wenkant te wees, maak nie saak hoe naby dit is nie,” het Mokuena genoem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button