In minder as 24 sekondes slaan hy sy opponent plat tydens sy eerste professionele boksgeveg. Dié Potchefstroomse swaargewig bokssensasie wil nie sy tyd in die kryt mors nie.
Die reuse Wilhelm “Dragon” Nebe, wat die skaal op 132 kilogram laat kreun en 2 meter lank is, het tot dusver al drie sy professionele boksgevegte blitsvinnig gewen.
Sy tweede en derde gevegte het albei nie eers verby die eerste rondte geduur nie.
Lees meer in hierdie week (18 April) se Potchefstroom Herald oor Wilhelm Nebe se gevegte en hoe hy dit aanpak:

Foto: Christo Smith/Christo Smith Boxing Photography

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



