Skitterend! – Miandi is nou vinnigste in Afrika
Die Potchefstroomse blits en SA 100m kampioen, Miandi van Staden, het nou ook die Afrika-titel in haar sak nadat sy die 100m by die CAA Afrika Jeug- en Juniorkampioenskappe in Abidjan, Ivoorkus vanaf 16-20 April gewen het. Miandi het in ‘n tyd van 12.00 sekondes gewen. Dit is ‘n massiewe eer vir dié graad 11-leerder van …
Die Potchefstroomse blits en SA 100m kampioen, Miandi van Staden, het nou ook die Afrika-titel in haar sak nadat sy die 100m by die CAA Afrika Jeug- en Juniorkampioenskappe in Abidjan, Ivoorkus vanaf 16-20 April gewen het.
Miandi het in ‘n tyd van 12.00 sekondes gewen.
Dit is ‘n massiewe eer vir dié graad 11-leerder van Potchefstroom Gimnasium wat nou die beste op die kontinent is. In haar SA kleure het sy nou weer bewys dat sy een van die top opkomende atlete van die toekoms is. Miandi is nie die enigste Noordwes atleet was geskitter het nie, met Hoërskool Klerksdorp se Kayla van den Bergh wat ook goud in die 110m hekkies (o.17) behaal het.
Lees meer oor Miandi se skitterende vertoning in komende week se Potchefstroom Herald (25 April)




