SportSport

Marco en Duan Jansen gaan nou heil by Knights soek

Marco sluit ‘n jaarkontrak vir die Knights Franchise wat ‘n groot droom vir die hotklou naatbouler bewaarheid. Hy sal vanaf 1 Mei amptelik vir die Knights uitdraf.

Die bekende Potchefstroom Gimnasium krieket-tweeling, Marco en Duan Jansen, gaan Noordwes Krieket verlaat en hulself in Bloemfontein by die VKB Knights vestig.

Hierdie skuif kom na ‘n uitmuntende seisoen vir beide spelers, met Marco wat die SA o.19 span in Indië verteenwoordig het en ook een van die NW Dragons se top troefkaarte was. Duan het ook briljant vir die Dragons geboul en sy eerste vyfkuns in die proses behaal. Die Dragons se verlies is definitief die Knights se wins, maar tog bewys dit net weer watter impak Noordwes Krieket in die ontwikkeling van jong spelers het.

Marco sluit ‘n jaarkontrak vir die Knights Franchise wat ‘n groot droom vir die hotklou naatbouler bewaarheid. Hy sal vanaf 1 Mei amptelik vir die Knights uitdraf. Duan het ‘n semi-professionele kontrak met die Vrystaat Krieketunie geteken. Hy sal ook ‘n groot aanwins in daardie opset wees, met die geleentheid om later in aanmerking vir Franchise krieket te kom.

Marco het sy eersterangse debuut verlede jaar in Oktober vir Noordwes gemaak, nadat hy in April 2018 sy eendagdebuut in die KSA

Eendag-eindstryd teen Gauteng op die Wanderers gemaak het. Duan het sy eersterangse debuut vanjaar teen SWD in Potchefstroom gemaak en spog met boulsyfers van 6/9 in sy tweede wedstryd op daardie vlak. Hy het ook al een eendagwedstryd vir die Dragons gespeel.

“Dit is ‘n groot geleentheid vir my om saam met al die groot name in SA krieket te speel en my talente te kan wys. Dit is lekker en nog altyd van kleins af my droom om op hierdie vlak te speel. Dit is vir my ‘n groot eer en voorreg,” het Marco genoem.

Marco se provinsiale eersterangse rekord:
Wedstryde: 6
Paaltjies: 27
Beste boulsyfers: 5/53
Boulgemiddeld: 19.03
Lopies: 225
Hoogste telling: 87
50’s: 2
Duan se provinsiale eersterangse rekord:
Wedstryde: 2
Paaltjies: 10
Beste boulsyfers: 6/9
Boulgemiddeld: 15.6
Lopies: 27
Hoogste telling: 12

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button