SportSport

Foto’s: Pampoenboere saai ‘n bekeroorwinning teen Potch Tigers Defence

Die Pampoenboere was met 20-12 voor teen halftyd en het in die tweede helfte weer hulle voet op die diesel gesit.

Die Pampoenboere van die Potchefstroom Langbou-kollege is die Luiperds Reserweliga-wenners na ‘n 34-22 oorwinning teen Potch Tigers Defence in die eindstryd op die Johann du Randt-stadion vanmiddag (Saterdag, 8 Junie).

Kaptein, Schalk Gagiano is volvreugde na sy span se oorwinning.

Dit was ‘n uitstekende klubwedstryd waar albei spanne puik drieë gedruk het en aanvallende hardlooprugby gespeel het. Die Pampoenboere was met 20-12 voor teen halftyd en het in die tweede helfte weer hulle voet op die diesel gesit.

Die wedstryd is wel ongelukkig 12 minute voor die einde gestaak, weens swak lig, wat die spelers se veiligheid sou vererger het. Dit was ‘n antiklimaks vir hierdie wedstryd wat bewys het dat altwee spanne nog ‘n blink toekoms het.

Lees meer oor hierdie wedstryd in komende week se Potchefstroom Herald (13 Junie) 

Foto’s: Wouter Pienaar

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button