SportSport

Gimmies mis die merk teen Wesvalia in driefees

Dit was definitief een van die beste wedstryde van die dag wat enige kant toe kon gaan het.

Potchefstroom Gimnasium se eerste rugbyspan het die afgelope Saterdag teen Hoërskool Wesvalia met 36-31 die knie gebuig. Dit was ‘n opwindende wedstryd in die laaste rondte van die Luiperds Skoleliga wat op die Mooivallei Sportgronde plaasgevind het.

Vir Gimmies was die buitesenter, Keenan Twigg weer op sy stukke terwyl die heelagter, Morné Stafford ook sy talent gewys het.

Hierdie selfde twee skole gaan nou weer die stryd aandurf in die halfeindstryd môre (Donderdag 13 Junie) by Hoërskool Klerksdorp om 15:30.

o.16 A: Foto’s – Wouter Pienaar

Gimmies se o.16A-span het net-net aan die verloorkant gekom met ‘n 40-38 verloor teen Wesvalia se o.16A’s. Dit was definitief een van die beste wedstryde van die dag wat enige kant toe kon gaan het.

Hier is foto’s van die eerstespanstryd: (Foto’s – Wouter Pienaar)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button