SportSport

Luiperds moet nou op Curriebeker fokus na wispelturige Supersport Uitdaagreeks

Net soveel soos die Luiperds drieë aangeteken het in die Supersport Uitdaagreeks vanjaar het hulle ook soveel meer drieë afgestaan. Dit het op die ou einde hulle uitslae belemmer. Die Luiperds se laaste wedstryd van die toernooi teen die Blou Bulle in Pretoria het in ‘n 63-36 nederlaag geëindig. Die Luiperds het in hierdie wedstryd …

Net soveel soos die Luiperds drieë aangeteken het in die Supersport Uitdaagreeks vanjaar het hulle ook soveel meer drieë afgestaan. Dit het op die ou einde hulle uitslae belemmer.
Die Luiperds se laaste wedstryd van die toernooi teen die Blou Bulle in Pretoria het in ‘n 63-36 nederlaag geëindig. Die Luiperds het in hierdie wedstryd 9 drieë afgestaan.
Die Luiperds sal nou moet bou met die spelers tot hulle beskikking vir die Curriebekerseisoen wat in Julie begin. Die Luiperds sal ook heel waarskynlik vir die eerste keer in ‘n jaar wedstryde op Olënpark speel.

André Pretorius se manne mag dalk ‘n gebrek aan ervaring hê, maar beskik oor klomp talentvolle jong spelers. Die vraag is hoe hierdie jong spelers die stap na Curriebeker-rugby sal hanteer teen meer ervare spanne. As dinge eers in plek sal val dan sal dié jong Luiperds meer selfvertroue begin bou en kan weer na die eindstryd mik.

Niks minder as ‘n plek in die semi-finaal sal die Luiperds mee tevrede kan wees nie.

Voorlopige bepalings: (Curriebeker Eerste-divisie)

5/6 Julie: Luiperds teen OP (Tuis)

12/13 Julie: SWD Arende teen Luiperds

19/20 Julie: Luiperds teen Valke (Tuis)

26/27 Julie: Luiperds teen Grens (Tuis)

2/3 Augustus: Griffons teen Luiperds

9/10 Augustus: Luiperds teen Boland (Tuis)

16/17 Augustus: Jaguares XV teen Luiperds

23/24 Augustus – halfeindstryde

Friday, 30 Augustus – eindstryd

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button