SportSport

Potch Boys High-stut is enigste van Potch in o.18 Cravenweekspan

Potchefstroom Boys High se loskopstut, Moabi Khoza, is die enigste Potchefstroomse speler in die 2019 Luiperds Cravenweekspan. Geen speler van Gimmies of Volkies het die span gehaal nie, al speel hulle in die top liga in Noordwes. Dewald van der Westhuizen (Gimmies), Omogolo Fondo (Gimmies), Connor Brown (Volkies), Wikus Marais (Volkies), Stefan van Niekerk (Volkies) …

Potchefstroom Boys High se loskopstut, Moabi Khoza, is die enigste Potchefstroomse speler in die 2019 Luiperds Cravenweekspan.
Geen speler van Gimmies of Volkies het die span gehaal nie, al speel hulle in die top liga in Noordwes.
Dewald van der Westhuizen (Gimmies), Omogolo Fondo (Gimmies), Connor Brown (Volkies), Wikus Marais (Volkies), Stefan van Niekerk (Volkies) en TK Montsho (HTS Potchefstroom) is vir die Akademiespan gekies.

Volkies se Paul Janse van Rensburg is vir die o.16 Grant Khomo-span gekies. Sy spanmaats Wendel Osuala, Dean Snyders en Wilbur Kock is ook vir die Luiperds se o.16A’s gekies. Nonofo Ramedie (o.16 A Grant Khomo weekspan), Resego Matsemela (Luiperds o.16 B span), Renier van Rooyen (Luiperds Platteland o.16 span), sowel as die o.16-Grant Khomo-afrigter, Joe Seerane (Ferdies) is Ferdies wat ook op die nasionale weke gaan speel.

Resego Matsemela, Renier v Rooyen, Nonofo Ramedie, Joe Seerane
Resego Matsemela, Renier van Rooyen, Nonofo Ramedie, en Joe Seerane van Ferdies

Die o.16 Grant Khomo-week sal vanaf 24-28 Junie in Witrivier by Hoërskool Rob Ferreira plaasvind. Die o.18 Cravenweek gaan by Grey-Kollege in Bloemfontein vanaf 1-6 Julie plaasvind.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button