SportSport

Luiperds kry rowwe verwelkoming teen Griffons

Die Luiperds het te veel drieë gelek in hierdie stryd, al het hulle self 'n paar fantastiese drieë ingepalm

Die senior Luiperds-span het gistermiddag teen die Griffons in Welkom weer ‘n harde dag op die veld beleef toe hulle met 47-28 verloor het.

Die Luiperds het te veel drieë gelek in hierdie stryd, al het hulle self ‘n paar fantastiese drieë ingepalm. Dit was ‘n dag vir die agterspelers met Tjaart Benade, Nkululeko Mcuma, Keagan Tait en die plaasvervanger-vleuel, Lungelo Gosa, wat vir die span van die Noordwes oorduik.

Die Griffons se top spelers op die dag was hul skrumskakel, Ethan Williams sowel as die vleuel, Allistair Mumba. Williams het twee drieë van die Griffons se ses gedruk

Die Luiperds sal nou vinnig moet herstel en vir die Boland Kavaliers gereed maak wat komende Saterdag, 10 Augustus in Potchefstroom op Olënpark ‘n draai gaan maak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button