SportSport

Pat Symcox inspireer by Gimmies se krieketdinee

Dié byeenkoms is by die Roots Leefstylsentrum aangebied met Pieter Möller wat as die seremoniemeester opgetree het en die voormalige Proteas draaibouler, Pat Symcox was die gasspreker op die aand was.

Gimmies Krieket het die afgelope Saterdag, 3 Augustus hulle jaarlikse fondsinsameling gehou en anders as vorige jare se manne-aande is dit vanjaar in ‘n familie-aand omskep wat ‘n groot sukses was.

Dié byeenkoms is by die Roots Leefstylsentrum aangebied met Pieter Möller wat as die seremoniemeester opgetree het en die voormalige Proteas draaibouler, Pat Symcox was die gasspreker op die aand was.

Symcox se staaltjies en motivering wat hy op die aand gedeel het, was insiggewend en het ‘n unieke aanslag op hierdie spesiale aand vir Gimmies se krieket gehad.

“Dit is belangrik om te droom, maar net so belangrik om te doen. Met harde werk kan elke speler sy potensiaal bereik,” het Symcox gesê, wat sy skooldae in Kimberley deurgebring het.

Volgens Gimmies se krieketorganiseerder, Wian Lubbe, is hierdie aand se doel om hoofsaaklik fondse vir nuwe krieketnette in te samel en ook om die komende krieketseisoen behoorlik te open. Hy het ook genoem dat Gimmies se o.15A en B sowel as eerste en tweede spanne gereeld voorseisoenwedstryde teen verskillende skole buite die dorp gespeel het om vir die nuwe seisoen voor te berei.

Foto’s: Verskaf

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button