SportSport

Gimmies se skuts gereed vir SA’s

Hierdie leerders het gewys dat hulle ‘n oog vir die teiken het en dit konstant keer op keer tref.

Dertien van Gimmies se top skuts is onlangs in die Noordwes-skyfskietspan opgeneem.
Hierdie leerders het gewys dat hulle ‘n oog vir die teiken het en dit konstant keer op keer tref. Dié groep gaan in die September-vakansie in die Kaap aan die SA’s deelneem. Die skitterende 16-jarige skut, Nadine Nel is ook as kaptein aangewys.

Die volgende leerders is in die Noordwes-span opgeneem: Anthony Theunissen, Jomarie Oosthuizen, Albert Combrinck, Nadine Nel (kaptein), Marisha Marais, Juan Tolmay, Nathan Brunette, Ruhan Janse van Vuuren, Marli van Staden, Shani Nel, Ruhan van der Merwe, Cornalie Herbst en Ryno Schutte
Die volgende skuts het toekennings ontvang:
Ruhan van der Merwe – trofee vir hoogste telling in lê- en knielposisie. Shani Nel – trofee vir hoogste telling in 10 meter staan asook trofee vir beste o.14-skut
Paul Viljoen – trofee vir opkomende o.14-skut met ’n 58% verbetering vanaf liga 1 tot 6
Nadine Nel – trofee vir beste telling in 10 meter staan. Nadine breek ook 2014 se rekord met 361/400.
Gimmies se skyfskietorganiseerder, Johan Benson, is in sy noppies met sy skuts se prestasies en skryf dit aan doelgerigtheid en harde werk toe.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button