SportSport

NWU klop UCT en CUT gemaklik

Die ster vir die NWU was Danfred Sefoor wat met sy linkerarm draaiballe syfers van 3/21 behaal het.

Die NWU was vanaand in ‘n klas van hulle eie met ‘n yslike 8 paaltjie oorwinning teen CUT. Die Potchefstromers het CUT tot 109/8 beperk, voordat hulle die teiken sonder skroom in slegs 11 boulbeurte behaal het.

Foto’s: Wouter Pienaar

Die ster vir die NWU was Danfred Sefoor wat met sy linkerarm draaiballe syfers van 3/21 behaal het. Nico Davin het ook vir die NWU 35 met die kolf van slegs 20 balle geslaan.

Die NWU was ook op hulle stukke gewees vanmiddag toe hulle ‘n massiewe 128-lopie oorwinning teen UCT behaal het. Die Kapenaars het geen antwoord vir Henro Janse van Rensburg (4/13) se draaiballe gehad nie en is vir slegs 87 uitgeknikker. Vir die NWU het Eben Botha (70) en Nico Davin (58) vyftigtalle aangeteken wat die NWU na 215/4 gestoot het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button