Caput Manskoshuis is die beste rugbykoshuis van die Noordwes-Universiteit (NWU) nadat hulle in die finaal van die koshuisrugbyliga verlede Woensdagaand, 28 Augustus vir Heimat met 19-16 geklop het.
Die afrigters, Gerald Sutton en Funani Mabala, het puik werk gedoen om hulle span nie net in die finaal te kry nie, maar ook die beker in ‘n harde wedstryd te wen. Hierdie uitnemendheid by die Rooikatte het ook verder gestrek nadat die tweede span ook vir Veritas met 17-10 geklop het om die beker huis toe te bring. Over de Voor Manskoshuis het die derde liga gewen ndat hulle met 10-8 teen Villagers gewen het.
Caput se koshuisvader, Pieter van den Berg, was in sy noppies met die prestasie.
Hy het ook beklemtoon dat dit juis merkwaardig is, aangesien Caput die kleinste manskoshuis op die NWU is.
“Ons het net 139 mans in ons koshuis en ek dink dit maak hierdie oorwinning nog meer spesiaal. Ons het twee jaar gelede die doel gestel om die beker te vat en ons ouens het ‘n baie nederige en hardwerkende kultuur wat nou vrugte afwerp,” het Van den Berg gesê.

Foto: Mario van de Wall



