SportSport

Groot gees by Volkies se Interhuis

Danny van Wyk, Kutlwano Gorekwang, Mardi Swart en John van Wyk het hulle staal op die baan en veld gewys.

Hoër Volkskool Potchefstroom het op Woensdag, 22 Januarie hulle jaarlikse interhuis atletiekbyeenkoms by die NWU McArthur-stadion aangebied. Hier het ‘n klompie puik atlete bewys dat hulle groot aanspraak in vanjaar se atletiekseisoen gaan maak.

Atlete soos Danny van Wyk, Kutlwano Gorekwang, Mardi Swart en John van Wyk het hulle staal op die baan en veld gewys. ‘n Goeie aspek vir Volkies is dat hulle baie junior talent het wat hulle hierdie jaar op kan steun ook in die strawwe atletiekseisoen.

Natuurlik by ‘n huissport, was daar ook baie pret en plesier, met vreesaanjaande narre wat ook deel van die feestelikhede was. Interessant was dit toe die narre mekaar om die baan jaag in ‘n resies!

Lees meer oor hierdie prestasies in hierdie week se uitgawe van Potchefstroom Herald (30 Janurie)

Foto’s: Potch Volkies/Facebook

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button