SportSport

Tien vrae met Nollie Meintjies

Die bekende middel en langafstand atletiekafrigter en voormalige onderwyser, Nollie Meintjies, is een van Potchefstroom se bekendste gesigte op die atletiekbaan. Onlangs het atlete soos Cara du Preez en Robert de Villiers groot sukses onder sy afrigting behaal.

Die bekende middel en langafstand atletiekafrigter en voormalige onderwyser, Nollie Meintjies, is een van Potchefstroom se bekendste gesigte op die atletiekbaan. Onlangs het atlete soos Cara du Preez en Robert de Villiers groot sukses onder sy afrigting behaal.

1. Vertel my meer oor wat jy doen vir ʼn lewe (wat behels dit, wat is die lekkerste daarvan en wat is die slegste daarvan)

Ek was ‘n onderwyser vir 37 jaar met geografie as hoofvak. Ek is nou afgetree op vervroegde pensioen. Om met kinders te werk was wonderlik in die afrigting en om sukses te behaal. Nou boer ek op my hoewe. Die vryheid daarvan is lekker. Die slegste van skoolgee was die vraestelle merk.

2. Waar het jy groot geword en toe jy ʼn kind was, wat wou jy eendag word?

Ek het groot geword in Klerksdorp en gematrikuleer op Hoërskool Schoonspruit. Ek wou altyd ‘n stads- en streeksbeplanner word.

3. As jy een plek kon kies in Potch waar jy meeste van jou tyd wil deurbring, waar sou dit wees?

Twee plekke: Op die atletiekveld of by die rustige atmosfeer van my huis.

4. Vyf mense wat jy nog wil ontmoet, en hoekom?

• Usain Bolt – Vinnigste mens op aarde
• Lionel Messi – Towenaar op die sokkerveld
• Adéle – Sangeres, sy weet hoe om te sing
• Cyril Ramaphosa – Hy benodig ‘n goeie raadgewer
• Sylvester Stallone – Beste akteur ooit

5. Saam met wie wil jy nie in ʼn hysbak vassit nie (net een persoon)?

My grootste vyand of iemand wat te veel praat

6. Jou gunstelingplek waarheen jy al gereis het, of heen wil reis?

Thailand en Noorweë

7. Wat is jou stokperdjies?

• Wedvlug duiwe
• Hengel
• Jakkalsjag
•Bye boer

8. Vyf dinge waarsonder jy nooit die huis sal verlaat nie?

Beursie, selfoon, ‘n warm top, hoed en ‘n 1 liter Coke.

9. Drie gunstelingdisse?

Steak en Chips, Prawns en rys, pizza met ekstra kaas, braaivleis en soetpap

10. Wat is jou gunstelingaanhalings?

“Fantasties!” “Voluit!”, “Train like a slave, race like a king”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button