SportSport

Uit die president se pen: Luiperds 100

Om aan jou geskiedenis herinner te word is baie belangrik.

Wat ‘n groot voorreg om president van die Luiperds Rugbyunie te wees met die Unie se 100-jarige bestaan. Die beplande feesvieringe is egter gedemp weens die huidige situasie waarin ons land hom bevind.

Daar is baie mense om te bedank. In hierdie 100 jaar het die Unie 10 presidente gehad. Die twee langsdienende was mnr. Piet Bosman en prof. Johan Claassen. Hulle het ‘n enorme bydrae in die Unie en in die bestaan daarvan gelewer. Ek sal graag die presidente wat nog met ons is, mnre. Jan Fourie, James Stoffberg en adv. André May persoonlik bedank vir hulle enorme bydrae om die Unie te beskerm en uit te bou in die nuwe professionele era waarin rugby hom nou bevind. Ons erelede, Oom Piet Olivier (ere visepresident) en Oom Sakkie Raadt (beskermheer) wil ek ook bedank vir hulle bydrae om ons bewus te maak van waar ons vandaan kom en vir die raad.

Om aan jou geskiedenis herinner te word is baie belangrik. Aan al die spelers en beamptes wat deur die jare die Unie in stand gehou het ‘n spesiale woord van dank vir dit wat julle oor al die jare gedoen het vir die Unie. Al die sekretarisse en HUB’s, dankie vir julle bydrae. Hierdie Unie het verskeie Springbokke en vooraanstaande spelers opgelewer, wat ons Unie se naam op die velde van die wêreld hoog gehou het. Om nou hier uit te sonder sal nie reg aan almal laat geskied nie, dus dankie aan almal, julle weet wie julle is.

Daar was beplan om hierdie jaar ‘n fees Rugbydag te hou, maar helaas kon dit nie tot op hede plaasvind nie en  ons kyk wat die jaar verder inhou. Die beplanning was vir ‘n groot funksie ook, maar al moet ons dit in ons 101 jaar doen, dit sal gedoen word.

Met die hulp van André Bester het ons ‘n Wes-Transvaal Luiperdmuseum begin, en met dank moet ek noem dat ons verskeie artikels van waarde gekry het wat ons museum mooi sal versier. Hieruit kan mens duidelik sien wat ‘n groot rol hierdie Unie in SA Rugby gespeel het. Die beplanning is dat ons dit nog vir baie jare gaan doen. Ek wil dan ook spesiaal dankie sê aan ons huidige HUB, Eugene Fourie en die direksie en bestuurskomitee. Ook aan al ons assosiasies soos die skeidsregters, wat in hierdie uitdagende tye skitterende werk doen om ons te bestuur en die personeel van die Unie moet spesiaal bedank word vir die werk wat hulle doen om Rugby in ons provinsie te dien.

Die Herald het vir baie jare die lief en leed van ons Unie gedeel, en aan die gemeenskap berig, dit sal dus vanpas wees om hulle te bedank vir dit wat hulle ook deur die jare gedoen het. Die borge en gemeenskap van Potchestroom en die provinsie, dankie dat julle ons nog altyd ondersteun. Aan alle klubs met hulle besture en spelers, julle bly steeds die lewensaar van rugby in die provinsie en die land, dankie vir julle bydrae.

Voorwaarts die toekoms in, met ‘n oog op die geskiedenis van Wes-Transvaal en die Luiperds.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button