SportSport

Varsitybeker terug in April

Spanne sal vir ‘n week in die bio-borrel wees, vir twee weke huiswaarts keer om te rus en dan weer vir ‘n week terugkeer om al die wedstryde te kan speel.

Die Varsitybeker sal heel moontlik vanaf 4 April tot 21 Mei in ‘n bio-borrel plaasvind. Die besluit is geneem nadat daar vandeesweek in ‘n Varsitybeker-vergadering saam met universiteite besluit is dat die toernooi met spesiale aanpassings sal plaasvind. Volgens Varsity Cup sal dit waarskynlik by Tukkies in Pretoria plaasvind. Spanne sal vir ‘n week in die bio-borrel wees, vir twee weke huiswaarts keer om te rus en dan weer vir ‘n week terugkeer om al die wedstryde te kan speel.

Spanne sal drie wedstryde per week speel. Weens die Covid-19 vereistes sal daar geen toeskouers by die wedstryde wees nie. Die Varsitybekerraad het ook ooreengekom dat daar ‘n Varsitybeker Covid-19-komitee verkies sal word om die protokolle vir die Varsitybekersentrum te begin opstel.

Die raad sal weer in Februarie vergader om verskillende besluite oor eerstejaars en transformasie vir die toernooi te bespreek. Daar sal wel nie ‘n Young Guns liga in 2021 wees nie. Mervyn Taylor, bestuurder van die NWU Rugbyinstituut is verheug dat daar vanjaar weer rugby gespeel kan word, al is dit in vreemde omstandighede.

“Ek is baie bly daar gebeur vanjaar iets. Ons sal met tyd leer hoe alles presies gaan werk, maar ek is bly die spelers kan weer aan die gang kom, al is dit in ‘n leë stadion weg van die huis af,” se Taylor.

NWU voorlopige bepalings:

  • 5 April: NWU vs Madibaz (13:00)
  • 8 April: Shimlas vs NWU (17:00)
  • 11 April: NWU vs Tukkies (17:00)
  • 22 April: NWU vs UWC
  • 27 April: Maties vs NWU (17:00)
  • 30 April: NWU vs Wits (17:00)
  • 5 Mei: CUT vs NWU
  • 13 Mei: NWU vs Ikeys
  • 16 Mei: UJ vs NWU
  • 19 Mei: Halfeindrondtes
  • 21 Mei: Eindstryd

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button