SportSport

NWU soek vyfde USSA-atletiektitel in ‘n ry

Die NWU is weer die gunsteling om die titel te behou

NWU Atletiek het ‘n sterk afgeronde span vir die 2021 USSA atletiekkampioenskappe gekies om hulle titel te verdedig. Die student atletiekkampioenskappe vind vanjaar vanaf 13-15 Mei by die Universiteit van Johannesburg plaas. Die NWU is weer die gunsteling om die titel te behou.

Sedert 1994 het die NWU die USSA-titel al 14 keer verower en sedert 2016 die titel vir vier jaar agtereenvolgend gewen. Weens Covid-19 het die 2020 USSA Atletiekkampioenskappe nie plaasgevind nie.

In 2021 is die NWU se top atlete soos Chederick van Wyk (100 en 200m), Jo-Ané van Dyk (spiesgooi), Mpho Links (hoogspring), Joné Kruger (verspring), Pieter Conradie (400m) en Marga Cumming (hamergooi) gereed om goud huis toe te bring.

Jone Kruger.

Ander mansatlete wat goud sal wil terugbring is Tiaan Kleynhans (110m hekkies), Alan Cumming (hamergooi), Johann Grobler (spiesgooi), Valco van Wyk (paalspring), Zak Nene (400m), Jerry Motsau (1500m), Ryan Williams (diskus) en Dillan van Rooyen (middelafstande).

NWU paalspringer, Valco van Wyk

Die vroue wat hulself op die boonste trap van die podium sal wil bevind is Lente Pieterse (200m), Riette Heyns (diskus), Nadja Fourie (paalspring), Ane Rautenbach (400m), Marissa Swanepoel (stap) en Phethisang Makhethe (hamergooi).

Volgens die NWU se atletiekbestuurder, Terseus Liebenberg is die NWU gereed om weer as kampioene uit die stryd te tree. “Ons doelwit is om weer terug te kom Potch toe as kampioene.

Tukkies en UJ sal beslis ons sterkste kompetisie wees met Maties en Kovsies wat ook goeie individuele atlete het. Ek glo ons atlete is goed voorberei en het baie talent om weer te wen,” noem hy.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button