SportSport

NWU en Ikeys meet kragte vanaand

Hierdie is 'n belangrike wedstryd vir die Potchefstromers wat 'n paar wenne in 'n ry sal moet behaal om die halfeindrondtes te haal.

Die NWU is vanaand terug in aksie in die Varsitybeker se derde fase met ‘n titaniese stryd teen die Ikeys van die Universiteit van Kaapstad.

Hierdie is ‘n belangrike wedstryd vir die Potchefstromers wat ‘n paar wenne in ‘n ry sal moet behaal om die halfeindrondtes te haal. Na ‘n relatiewe lang ruskans behoort daar nou nuwe energie in die perstruie se groep te wees.

Daar is ook ‘n emosionele aspek in die wedstryd vir NWU wat die wedstryd sal opdra aan die voormalige Varsitybekerkaptein, Tiaan Bezuidenhout, wat twee weke gelede oorlede is. 

Daar sal ‘n minuut stilte voor die wedstryd in sy eer wees. 

Die NWU se Chuiner van Rooyen begin op heelagter. Foto: Catherine Kotze/Varsity Cup

Die NWU het ‘n paar veranderinge in die span met Sylvester Hassien wat op regtervleuel uitdraf, terwyl Charl Pretorius sy terugkeer op linkervleuel maak. Nivan Petersen begin sy eerste wedstryd op losskakel, terwyl André Fouché op oopkantflank begin en Ruben Dreyer wat die nommer 8 trui dra.

Nelius Theron is ook terug in die beginspan vir die eerste keer vanjaar op vaskopstut. Die Ikeys het ook ‘n paar oud-NWU spelers in hulle beginspan met Robert Hunt en Evardi Boshoff wat teen hulle voormalige spanmaats sal kragte meet. Die wedstryd begin om 19:00 en is op Supersport 211 te sien.

NWU – 15 Shane van Rooyen, 14 Sylvester Hassien, 13 Lincoln Daniels (k), 12 Marco Donges, 11 Charl Pretorius, 10 Nivan Petersen, 9 Riaan Genis, 8 Ruben Dreyer, 7 Jandré de Beer, 6 André Fouché, 5 Jeandré Leonard, 4 Malembe Mpofu, 3 Nelius Theron, 2 Vernon Paulo, 1 Komape Moloto.

Plaasvervangers: 16 Gustav du Rand, 17 Ruben du Plessis, 18 Sampie Swiegers, 19 Wihan Nel, 20 George van der Westhuizen, 21 Caleb Louw, 22 Kagiso Woodbridge, 23 Keano Windvogel.

UCT Ikeys – 15 James Tedder, 14 Rihaz Fredericks, 13 Evardi Boshoff, 12 Le Roux Malan, 11 Rethabile Louw, 10 David Hayes, 9 William Rose, 8 Taariq Kruger, 7 Neil Otto, 6 Liam Greenhalgh (k), 5 Gary Porter, 4 Connor Evans, 3 Robert Hunt, 2 Devon Arendse, 1 Luthando Woji.

Plaasvervangers: 16 Josh van Vuuren, 17 Seth Christian, 18 Jovan Bekker, 19 Byron Bowes, 20 Christian Stehlik, 21 Brandon Salomo, 22 Sibabalwe Mzanywa, 23 Athi Gazi.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button