Corné Prinsloo, ‘n eerstespan krieketspeler van Volkies, is gekies om deel te wees van die KSA (Krieket Suid-Afrika) o.17 TAP-oefengroep.
Hierdie oefengroep bestaan uit 56 spelers vanoor die hele land, waarvan 28 uit die binneland kom en die ander 28 van die kus af.

Hierdie is ‘n baie groot geleentheid vir spelers om hul merk op nasionale vlak te maak.
Corné is deel van Volkies se ProfCric-krieketakademie, en word geken vir sy ywer en passie waarmee hy die spel speel.
Hierdie veelsydige speler is ‘n top-orde kolwer en is ook ‘n handige medium vinnige swaaibouler. 
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



