
Na ‘n fantastiese Neserliga-seisoen het Potch Dorp Rugbyklub hulle bekeroorwinning hierdie afgelope Saterdag, 31 Julie, op die perfekte wyse gevier.
‘n Plaaslike besigheid, Kooperasie Kroeg & Kos, het 1 kilogram steaks en ‘n paar biere verniet gegee nadat die span die Neserliga gewen het. Die spelers en afrigters het die bymekaarkom-geleentheid baie geniet.
Potch Dorp bedank die eienaar van Kooperasie Kroeg & Kos, Ian Colyn, vir die lekker kos en drank wat hulle kon geniet om weer hulle sukses te vier.
Potch Dorp Rugbyklub sê ook dankie vir Potchefstroom Herald en sportjoernalis, Wouter Pienaar, vir hulle ondersteuning en mediadekking vanjaar.
Kyk die foto’s hier:














