SportSport

Burke wen nog ‘n trofee – hierdie keer met die see op die horison

“My doelwitte tot die einde van jaar is om nog twee amateur toernooie en so ‘n paar ander professionele toernooie ook te wen,”

Met die see op die horison het die Potchefstroomse gholfspeler, Christiaan Burke, die pragtige omgewing van die Mosselbaai Buiteklub as visuele inspirasie gebruik om vanjaar nog ‘n sege in te palm.

Christiaan vier nog ‘n toernooisukses met sy oorwinning tydens die Suid-Kaap Ope in Mosselbaai wat vanaf 13-15 Augustus plaasgevind. Foto’s: Verskaf

Burke, ‘n voormalige leerling van Hoër Volkskool in Potchefstroom, het vanaf 13-15 Augustus die Suidkus Ope titel as deel van die Golf RSA amateurreeks gewen.

Burke het ‘n -11 aangeteken, vyf houe beter as Ivan Williams in die tweede plek met -6. Burke het met tellings van 69,68 en 68 oor die verloop van drie rondtes sy opponente uitoorlê.

“Die wen was vir my awesome, want dit was een van my doelwitte om ‘n amateurtoernooi by die kus te wen. Dit was nie so maklik gewees nie, omdat die weer ‘n rol gespeel het, maar ek is bly ek het bo uitgekom.”

Christiaan Burke is in puik vorm vanjaar op die gholfbaan.

Burke het die afgelope jaar talle titels in die Big Easy Road to IGT sowel as die Bushveld Tour in die Noorde van die land gewen.

“My doelwitte tot die einde van jaar is om nog twee amateur toernooie en so ‘n paar ander professionele toernooie ook te wen,” noem hy.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button