SportSport

Mari-Louise behaal finaal in Zimbabwe tennistoernooi

Al het Van Zyl in die finaal teen Sasha Chimedza van Zimbabwe met 2-6 4-6 verloor, kan sy steeds haar kop omhoog hou met 'n konstante toernooi waar sy vier opponente verslaan het. 

Die skitterende Gimmie tennisspeler, Mari-Louise van Zyl het tydens die ITF Harare J4 Ope in Zimbabwe vanaf 25-30 Oktober vanjaar ‘n tweede plek behaal.

Dit is ‘n fantastiese poging vir Van Zyl wat teen van Afrika se top tennisspelers, gewys het dat sy vir niemand terugstaan nie.

Al het Van Zyl in die finaal teen Sasha Chimedza van Zimbabwe met 2-6 4-6 verloor, kan sy steeds haar kop omhoog hou met ‘n konstante toernooi waar sy vier opponente verslaan het.

In die eerste rondte maak sy skoonskip met Mutsawashe Musiyiwa 6-0 6-0, en dring dring na die kwarteindrondte met ‘n oortuigende 5-7 6-3 6-3 terugvegpoging teen Chahana Buhdbhatti van Indie.

Van Zyl kom weer terug om vir Arina Valitova met 6-7 7-6 6-1 in ‘n taai kwarteindstryd te klop, en verslaan vir Claire Mahere met 4-6 6-3 6-3 om die eindstryd te haal.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button