SportSport

ACNW stappers bring goud terug vanaf SA kampioenskappe

Janise Nell en Marissa Swanepoel behaal albei goud.

Die talentvolle stapper, Janise Nell, het die afgelope Saterdag, 15 Januarie weer haar klas bewys toe sy die SA Staptitel in die junior vroue kategorie by die SA Stapkampioenskappe in Kaapstad verower het.

Nell het goud behaal in die 10km wedloop in ‘n tyd van 51:09, ongeveer 7 minute voor haar naaste teenstanders. Hierdie ACNW en Volkie-atleet het net weer bewys dat 2022 ‘n skitterende jaar kan wees na aanduiding van haar vorm in die eerste groot wedloop van die jaar.

SA kampioen, Marissa Swanepoel, behaal ook goud in die senior vroue 20km wedloop in ‘n goeie tyd van 1:49:45. Sy behaal die eindstreep ‘n volle 16 minute voor die ander atlete.

Marizel Meintjies behaal ACNW se derde goud met ‘n puik wedloop in die 5km jeug dogters afdeling. Sy kom eerste in 27:40.

Ander ACNW atlete wat puik presteer is Antonio Farmer wat ‘n bronsmedalje in die senior mans 20km wedloop in ‘n tyd van 1:38:19. Keandra Jooste behaal silwer in die dogters 5km sub-jeug kategorie in ‘n tyd van 28:41.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button