SportSport

Volkies wil momentum behou teen Centurion

Dit gaan nie maklik wees nie, maar Volkies moet glo dat hul die onoorwonne Centurion op hul tuisveld kan tem.

Hierdie komende Saterdag, 30 Mei gaan daar weer groot rugby by Hoër Volkskool Potchefstroom plaasvind met ‘n titaniese Virseker Noordvaalbeker stryd teen Hoërskool Centurion.

Volkies is vierde op die eerstespan-punteleer, terwyl Centurion nog onoorwonne is.

“Ons sien uit weer vir harde kompetisie teen Centurion. Hulle speel goeie rugby op die stadium. Dit is lekker om vir die eerste keer in ten minste vyf jaar teen hulle speel,” noem Volkies se rugbydirekteur, Nicol Degenaar.

Volkies sal vol selfvertroue wees vir hiedie kragmeting na hul oorwinning teen Gimmies die afgelope naweek. Teen Gimmies was die skakelpaar, Raynard de Klerk en Kyle Hattingh kookwater, terwyl die senterpaar, River Samuel en Lethabo Riet woema sal bied. Voorlangs kan daar gerus na Michael Rochat gekyk word. Hy is ‘n kranige baldraer en sterk in die skrums.

 Volgens Degenaar gaan ‘n oorwinning baie vir Volkies beteken aangesien positiewe uitslae hul nader aan die boonste deel van die leer sal plaas.

“Ons wil onsself goed posisioneer vir die oorkruiswedstryde teen die Bowl-Oos skole,” noem hy.

Tans is Brandwag, Ermelo, Merensky en Hugenote moontlike opposisie vir Volkies wanneer dit by die uitspeelwedstryde kom.

Die wedstryde teen Centurion sal om 08:00 by Volkskool begin. Die o14A’s is eerste aan die beurt, met die eerstespanwedstryd wat om 12:30 afskop.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button