Luister die storie hier:
Die NWU spiesgooiers, Jo-Ane van Dyk en Johann Grobler, het nog steeds top vertonings by die 2022 Wêreld Atletiekkampioenskappe in Eugene, Oregon in die VSA gelewer al kon hulle nie die finale rondte in hulle items behaal nie.
In die mans spiesgooi se kwalifiserende rondte het Grobler met ‘n gooi van 76.30 meter ‘n 23ste plek algeheel behaal.
Van Dyk het in die vroue spiesgooi-item met ‘n gooi van 57.79m in die 15de plek algeheel geeindig. Dit was net-net buite die kwalifiserende afstand vir die finaal.
Suid-Afrika het geen medaljes by hierdie kampioenskappe wat vanaf 15-24 Julie plaasgevind het, behaal nie. Amerika het op hulle tuisgrond die kampioenskappe met 33 medaljes oorheers. Ethiopië kom tweede met 10 medaljes en Jamaika derde ook met 10 medaljes.