SportSport

Volkies se bergfietsryers woeker by eerste NW resies

In die junior vroue kategorie behaal Zanri Grobbelaar 'n tweede plek, terwyl Zandré Stemmet 'n derde plek in die jeug mans afdeling behaal.

Volkskool Potchefstroom se bergfietsryers was voor op hulle stukke by Saterdag (23 Julie) se Noordwes XCO 1 bergfietswedren in Klerksdorp.
In die junior vroue kategorie behaal Zanri Grobbelaar ‘n tweede plek, terwyl Zandré Stemmet ‘n derde plek in die jeug mans afdeling behaal. Ilné du Preez wys ook haar staal met ‘n goeie tweede plek in die sub-junior meisies-kategorie. 
Hier is die uitslae van Volkies se deelnemers:
Junior mans
Johan Malherbe 7de
Christian Brits 8ste
Junior vroue
Zanri Grobbelaar 2de
Jeug mans
Zandré Stemmet 3de in kategorie en 2de in NW
Josef Botha 11de
Tiaan Bekker 14de
Jeug meisies
Christelle Engelbrecht 7de
Sub-Junior seuns
Reinhardt Cordier 8ste
Tiaan de Villiers 10de
Sub-Junior meisies
Ilné du Preez 2de
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button