Local newsSportSport

Voorlopers begin uitstyg in tweede helfte van Koshuis rugbyliga

Met slegs drie liga wedtryde voor die uitkloprondtes oor kan daar al bespiegelinge gemaak word oor wie in die uitkloprondtes gaan speel. 

Met slegs drie liga wedtryde voor die uitkloprondtes oor kan daar al bespiegelinge gemaak word oor wie in die uitkloprondtes gaan speel.

Alhoewel daar is nog genoeg Rugby oor dat daar nie met sekerheid gesê kan word wie teen mekaar gaan speel nie.

Na gisteraand( 10 Augustus) se wedstryde, en met die NWU se o/19A span wat nie aan die uitkloprondtes mag deelneem nie, lyk dit of die finale vier, in geen spesifieke volgorde, Caput, Overs, Patria en Veritas gaan wees.

Veritas het Woensdagaand (10 Augustus) 52 – 12 teen Villagers geseëvier.

“Dit het baie goed gegaan, ons was goed veral toe ons bietjie wyd gespeel het. Ons kon ook ‘n paar van ons ouens laat rus voordat ons, Vrydagaand (12 Augustus) teen Overs gaan speel,” het Stefan van Vuuren, hoofafrigter van Veritas gesê.

Overs het op hulle beurt ‘n goeie vertoning teen Heimat ingesit, om 28 – 7 te wen. Volgens hoofafrigter, Gerald Sutton, het die eerste helfte goed gegaan.

“Ons moet nou leer om twee helftes aan mekaar te sit. Die spelers begin inkoop op wat ons as afrigters van hulle verwag. Ek moet veral vir Funa, (Funani Mabala) krediet gee vir wat hy met ons verdedegings strukture reg kry. Dit is belangrik dat ons ook geen beserings tydens die wedstryd opgedoen het nie,” het Sutton gesê.

Liga wedstryde wat voor die vakansie uit gereën het, moes verlede week en vandeesweek ingehaal word. Dit het organiseerders genoop om bepalings twee keer ‘n week te maak.

Caput het weereens ‘n goeie vertoning ingesit om De Wilgers 38 – 14 te klop. Die Caputters sal nou bo aan die punteleer wees, maar moet Vrydagaand teen die NWU se o/19A span uitdraf.

“Ek kon nie vir meer vra van die spelers Woensdagaand nie. Hulle het elkeen diep gedelf en baie karakter gewys,” het Stewart gesê.

Volgens Lourens Janse van Rensburg, hoofafrigter van De Wilgers, het sy spelers met groot trots en toewyding gepeel en nooit op gegee nie.

“Ons het net te veel foute gemaak en strafskoppe afgestaan en Caput het daarop gekapitaliseer,” hy gesê.

In Vrydagaand se wedstryde gaan Patria vir De Wilgers aanvat, terwyl Veritas teen Overs gaan uitdraf. Caput gaan hulleself teen die NWU se o/19A span meet terwyl Villagers teen Heimat dinge in ‘n dorpskoshuis derby gaan uitspook.

Albei spanne is nog sonder ‘n oorwinning en alhoewel dit onwaarskynlik is dat een van hulle in die uitkloprondtes gaan kom, sal dié wedstryd ‘n kwessie van trots wees. Verwag ‘n harde stryd.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button