M.L. Fick se skuts skitter met SA kampioenskappe op die horison
Twee van Laerskool M.L. Fick se skuts het die afgelope tyd hulle talent vir dié sport met fantastiese prestasies beklemtoon. Darius Renke verower goud tydens liga 6 en silwer by die Noordwes proewe. Hy is ook onder die top vyf pistoolskuts in Noordwes. Hy word opgeneem in die 40 skut Noordwes-span wat vanaf 3-6 Oktober …
Twee van Laerskool M.L. Fick se skuts het die afgelope tyd hulle talent vir dié sport met fantastiese prestasies beklemtoon.
Darius Renke verower goud tydens liga 6 en silwer by die Noordwes proewe.
Hy is ook onder die top vyf pistoolskuts in Noordwes. Hy word opgeneem in die 40 skut Noordwes-span wat vanaf 3-6 Oktober aan die SA’ s gaan deelneem. Darius skiet in pistole o.14 staande met ondersteuning.

Lufan Janse van Rensburg verower silwer met liga 6 en brons met Noordwes proewe.
Hy is ook onder die top vyf pistoolskuts vir Noordwes. Net soos Darius is Lufan ook in die Noordwes-span vir die bogenoemde SA toernooi ingesluit. Lufan skiet in die afdeling o.12 sittend met ondersteuning. Lufan is die jongste skut wat Noordwes verteenwoordig. Hierdie kranige skut ontvang die trofee vir beste opkomende skut 2022 met 73%.





