SportSport

Top bergfietsryers kom Saterdag by Volkies bymekaar vir XCO-beker

Skolefietsryers kan nie hierdie geleentheid misloop nie

Die Noordwes Skole Bergfiets (XCO) bekerreeks se derde ligabyeenkoms van die jaar vind plaas hierdie Saterdag (3 September) by Volkskool Potchefstroom en beloof om ‘n opwindende dag propvol aksie op twee wiele te wees.

Die fantastiese aspek van hierdie wedren is dat enige skolier kan deelneem mits hulle ingeskryf is. Die inskrywings vir deelnemers sluit op 31 Augustus om middernag.

Inskrywings word aanlyn voltooi by www.entryninja.com

Die baan sal uit verskillende plat en klipperige afdelings bestaan met talle hindernisse wat deelnemers sal uitdaag, maar ook ‘n veilige omgewing sal skep.

Fietsryers kan vir die volgende afdelings inskryf:

  • Sub -Nipper: 7 en 8 jaar oud
  • Nippers: 9 en 10 jaar oud
  • Sprogs:11 en 12 jaar oud
  • Sub-Junior:  13 en 14 jaar oud
  • Youth: 15 en 16 jaar oud
  • Junior:  17,18 en 19 jaar oud

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button